ONS MIDDAG 'DRIVE-TIME' PROGRAM


Vuurvas

Uitsaai tye:
Weeksdae 15:00 - 18:00

 

Vuurvas is Tygerberg 104FM se middag ‘drive-time’ program elke weeksdag. Omroepers Karien Basson en Anton Treurnich, tesame met die span agter die skerms, dink daagliks buite die boks en dek ‘n groot verskeidenheid interessante onderwerpe. Die program is gelaai met aktualiteit, nuus, weer- en verkeersverslae, internasionale oorskakelings, asook luisteraars deelname en onderhoude met plaaslike, internasionale mense en bekende name.

Vuurvas het ‘n vinnige pas en bied iets vir elkeen se smaak – van musiek vir die jonges van gees, gesprekke oor relevante onderwerpe tot ‘n uitstekende sportprogram en onderhoude direk uit die kenner se mond. Oorspronklikheid, aktualiteit en spiritualiteit is hul fokuspunte en solank as wat hulle dit opreg hou, weet hulle, hulle sal jou ingeskakel hou.

Om ’n bydrae te lewer tot die program kan ’n SMS gestuur word na 32716 of ’n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

“Oorspronklikheid, aktualiteit en spiritualiteit”

 

 

Powered by CjBlog