Rosebud Tsobane

ONS OMROEPERS


ROSEBUD TSOBANE

Uitsaai tye:
Saterdae 09:00 - 13:00

Rosebud Tsobane het grootgeword in Montagu en is al die afgelope 6 jaar betrokke by Tygerberg 104FM as omroeper. Getroud met 3 kinders (19, 14 en 3), en werk voltyds as Senior Bestuurder by ‘n korporatiewe firma. Radio is ‘n liefde wat sy laat in haar jare ontdek het en sy het werklik toevallig by hierdie wonderlike medium betrokke geraak. “Toevallig” omdat sy haarself nooit as ‘n omroeper voorgestel het nie, maar mense het toenemend kommentaar begin lewer oor die feit dat sy ‘n ‘radio-stem’ het. Praat is een van haar groot liefdes, en daarom het hierdie geleentheid nommerpas by haar karakter ingeskakel.

Sy is lief vir die Here en om op hierdie manier ‘n geleentheid te kry om te praat en te praat oor Hom vir wie sy liefhet, is ‘n absolute voorreg wat sy vir niks sal verruil nie!

“Sy is lief vir die Here”