ONS OMROEPERS


MERENTIA VAN DER VENT

Uitsaai tye:
Weeksdae nuus om
07:00, 08:00, 09:00 en 11:00

Merentia van der Vent is ‘n boorling van die Paarl. Sy was altyd as ‘n kind lief om te skryf en was aangenaam verras toe sy uitvind ‘n mens kan skryfwerk as ’n beroep navolg èn betaling daarvoor ontvang. Sy het haar skryf-avontuur in 1996 by Die Burger begin en het daarna haar hand vir agt jaar aan kommersiële radio geslaan voordat sy die uitdaging aanvaar het om ‘n nuuskantoor by Radio Tygerberg op die been te bring (van 2009). Sy is nou reeds vir langer as vyf jaar in die pos as nuusredakteur en nie een dag is soos die vorige nie. Haar passie is om te skryf en mense se stories te vertel en daardie passie lewe se elke dag uit. Sy glo ook God het tydens haar vorige werk vir haar duidelike teikens gegee dat sy in die toekoms by Tygerberg 104FM sou werk. Sy lees soggens die nuus op Tygerberg 104FM om 7, 8, 9 en 11uur in die ontbytprogram Oggendrooi.

“passie is om te skryf en mense se stories te vertel”