ONS OMROEPERS


LORREIN KATZKE

Uitsaai tye:
Weeksdae 12:00 - 15:00

Haar spes-vak was Spraak en Drama en die een deel waarvan sy nooit gehou het nie was radiowerk! Tot sy toevallig by Tygerberg 104FM as ’n nood-instaan moes inspring as omroeper. Nou na meer as ’n dekade op die lug kan sy regtig vandag sê: “as jy gelukkig is om te doen waarvan jy hou sal jy nooit ’n dag werk in jou lewe nie.”

Kuiertyd is ontspan-tyd. Tussen 12 en 3 elke middag kuier ons rondom resepte, familiesake, gesondheid en finansies en luister deurentyd musiek. Haar liefde vir mense en bo alles haar liefde vir Jesus laat haar elke dag met ’n lied opstaan en werk toe kom.

“Kuiertyd is ontspan-tyd.”