ONS OMROEPERS


ANDRÉ DE VOS

Uitsaai tye:
Saterdae 06:30 - 09:00

André de Vos – ‘n Gebore Vrystater, maar getoë in die Moederstad, het ‘n “Tafelbergse” passie vir uitsaai, mense en musiek!! Hy het sy radio-debuut gemaak in 2007 toe hy ‘n kans gewaag en die prys van ‘n leeftyd gewen het deur die eeste Kfm ‘Radio Rookie’ te word.

Drie maande by KFM as ontbyt-program verkeersaanbieder, gevolg deur drie maande as sport-ankeraanbieder op die stasie se naweek-ontbytprogram, het slegs die onvermydelike versterk en die spreekwoordelike ‘bal’ aan die rol gesit in die wonderlike wêreld van radiowese.

Sy jare-lange betrokkenheid by verskeie aangeleenthede as seremoniemeester en stemwerk vir ‘n string klank-ateljee’s (grootendeels Radio Tygerberg) het hom uiteindelik op die omroeperstoel laat beland. 

“Gewilde programme Gospel Goue Treffers en Versoeke”