t. 0861 104 104 f. 021 911 3810
SMS LYN 32716
ONS LEEF
CHRISTUS
HY SAL SORG. PS 37:5
SMS LYN 32716
ONS LEEF
CHRISTUS
HY SAL SORG. PS 37:5

Tygerberg 104FM se opwindende gospel talentsoek kompetisie het uitgeloop op ‘n ongekende hoogtepunt met Henry Pike (32), mede-pastoor van Die Bron gemeente in Bellville, wat te midde van strawwe mededinging die ander nege finaliste uitgestof het om gekroon te word as vanjaar se wenner van die Gospel Talent Search 2014.
Dit was voorwaar ‘n emosioneel belaaide aand met ’n briljante top drie – Rudi Solomons (30), ‘n kliëntediens adviseur by Leserskring van Eersterivier, Courtney du Preez, ‘n 21-jarige student in toerisme aan die Boland Kollege Paarl, en Pike – wat sake moes uitspook in die laaste ronde van die aand.