Casting Crowns


Wanneer die geleentheid hom voordoen om saam met ’n internasionaal-erkende orkes te werk, is die verwagting allermins dat jy met plat-op-die-aarde, God-gefokusde, mens-mense te doen gaan kry.” Casting Crowns het op 24 Julie 2014 in Suid-Afrika arriveer vir optredes voor duisende mense by Grand West Aren in Kaapstad, Rhema Kerk in Johannesburg en Moreleta Gemeente in Pretoria. Elkeen van hierdie byeenkomste was uitverkoop en die stampvol sale het gespreek van ‘n duidelike behoefte in Suid-Afrika na meer van hierdie geleenthede.

Ten spyte van ’n druk program, het hulle aand na aand Suid-Afrikaanse gehore bedien met top-gehalte musiek en goddelike salwing. Mark Hall, hoofsanger van Casting Crowns het die gehore aan sy lippe laat hang met sy skerp humorsin, maar ook ’n diepte wat spreek van ’n noue verhouding met die Lewegewende God. Harte is aangeraak deur hulle musiek en lirieke wat geskryf is op grond van werklike gebeure en God-geïnspireerde boodskappe.

Dit was ‘n voorreg vir die Tygerberg 104FM-span om die mense agter die groep beter te leer ken.

No images found.
Powered by CjBlog